Antiquarian Auctions

Auction #115 begins on 30 May 2024

A.A. Louw

Dageraad in Banyailand

Een verhaal van 25-jarigen arbeid onder de Vakaranga of Banyai in Mashonaland

Published: De Publicatie Commissie der Zuid-Afrik. Bijbel Vereeniging, Kaapstad, 1917

Edition: First

Lot closed

Sold for: Register or Sign In to find out

Bids: 1

Visits: 24

Have a similar item to sell? Contact Us with the details.

How it works

Register

'n Skaars titel met 188 bladsye. Heelwat klein merkies op die rooi linneband buiteblad. Verskeie swart en wit foto's. Foto van 'n jonger Ds Louw teenaan titelblad.

Ds. Andries Adriaan (Andrew) Louw (Fauresmith, 26 Februarie 1862 - Morgenster, distrik Fort Victoria, 12 Augustus 1956) was 'n baanbrekersendeling van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, veral in die destydse Suid-Rhodesie.

In reaksie op 'n oproep van die NG Kerk vir jong mans, ongeag hul gesondheid, om na die destyds onbekende Banyailand (nou Masjonaland) as sendeling te gaan, willig hy in.

Ná vyf avontuurlike maande per ossewa van Kimberley af, sit hy tent op in 1891 op Mugabesberg, naby die Zimbabwe-bouvalle, en stig die sendingstasie Morgenster en word sodoende, onwetend, die vader van die groot Masjonaland-sending. Teen sy 90ste lewensjaar was daar reeds agt sendingstasies en agt afsonderlike gemeentes van die Sendingkerk in Masjonaland. Hy is in 1894 georden en as erkenning vir sy 30 jaar lange diens vereer die Kaapse Sinode hom in 1921 met die volle status van 'n leraar in die NG Kerk. Hy is ook telkens vereer uit verskeie oorde buite die Kerk. In regeringskringe is hy hoog geag en ter erkenning van sy uitsonderlike diens aan Rhodesia het koningin Elizabeth II in 1954 'n O.B.E. aan hom toegeken. Hy is gehuldig as die "St. Andrew van Mashonaland".

  • Binding Condition: Good
  • Overall Condition: Good
  • Size: 8vo (210 x 145 mm)
  • Sold By: Mantis Books
  • Contact Person: Charl Yates
  • Country: South Africa
  • Email: [email protected]
  • Telephone: 0833219905
  • Preferred Payment Methods: EFT & Paypal
  • Trade Associations: AA Approved


© 2024 Paul Mills trading as AntiquarianAuctions.com. All rights reserved. Use of this website is regulated by our website Terms of Use and Privacy Policy.