Antiquarian Auctions

Auction #120 begins on 16 Jan 2025

E L P STALS

JAGTERS, SLAGTERS EN WILDWAGTERS IN SUIDWES-AFRIKA

'n Kroniek van Mens en Wild: Die verhaal tot 1960

Published: Padlangs Publications, Windhoek, 2022

Edition: First

Lot closed

Sold for: Register or Sign In to find out

Bids: 2

Visits: 62

Have a similar item to sell? Contact Us with the details.

How it works

Register

Karton buiteblad, 362 bladsye. Hierdie kopie is nuut en ongebruik.

Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika - is ‘n kroniek van die verhouding tussen mens en wilde dier in Namibië tot en met 1960.  Prof Stals, ‘n gedugte skrywer, historikus en afgetrede lektor, het as jong man ‘n liefde vir die land en sy diere ontwikkel en het uiteindelik sy praktyk en passie gekombineer in ‘n navorsingsprojek wat hom bykans 7 jaar besiggehou het.

Die storielyn volg die chronologiese verloop van die verhouding tussen mens en wilde dier in Suidelike-Afrika deur die eeue, van jagters, tot slagters, en uiteindelik die totstandkoming van wildbewaring, of wildwagters. Stals se verhaal begin met ʼn oorsig van oorspronklike, inheemse jagpraktyke en ondersoek dan die impak van handeldryf wat deur die koms van ontdekkingsreisigers geskep is. ‘n Internasionale mark vir produkte soos olifanttande en volstruisvere het gelei tot groter aanvraag, meer jagters, en uiteindelik die slagting en bandelose uitbuiting van menigte spesies diere in die omgewing. Uiteindelik is die eerste maatreëls en wetgewing om die jag van wilde diere te reguleer deur die kolonialistiese owerhede in plek gestel, so vroeg as 1900. Kritiek rakende die verhouding tussen mens en dier in lande soos Namibië wek gereeld opspraak, veral in die buiteland. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika lewer verslag van ‘n lang geskiedenis van wild- en natuurbewaring in Namibië, en van die aanhoudende soeke na beter, volhoubare maniere om ons ekosisteme te bewaar.

  • Binding Condition: Fine
  • Overall Condition: Fine
  • Size: 8vo (240 x 170 mm)
  • Sold By: Mantis Books
  • Contact Person: Charl Yates
  • Country: South Africa
  • Email: [email protected]
  • Telephone: 0833219905
  • Preferred Payment Methods: EFT & Paypal
  • Trade Associations: AA Approved


© 2024 Paul Mills trading as AntiquarianAuctions.com. All rights reserved. Use of this website is regulated by our website Terms of Use and Privacy Policy.