Antiquarian Auctions

Auction #115 begins on 30 May 2024

Pieter Hendrik Henning

’n Boer in Argentinië

GETEKEN

Published: Nasionale Pers Beperk, Kaapstad,Bloemfontein en Port Elizabeth, 1940

Edition: Eerste

Lot closed

Sold for: Register or Sign In to find out

Bids: 9

Visits: 69

Have a similar item to sell? Contact Us with the details.

How it works

Register

Pieter Hendrik Henning (plaas Heuningkrans, 1886 – 1975) was 'n baanbrekerboer wat ná die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy ouers en agt van sy 10 sibbes na Argentinie geëmigreer en baie jare lank onder uiters moeilike omstandighede daar geboer het tot die repatriasie van 1939.

’n Boer in Argentinië is ’n verslag oor die lewe in Argentinië en die verskille in gewoontes tussen Suid-Afrika en Argentinië. Hy berig oor die algemene wetteloosheid wat in Argentinië aan die orde van die dag was, met eerlike burgers wat dikwels wet in eie hande moes neem om te oorleef teen perdediewe, veediewe en rowers. Die Afrikaners moes hulself onder moeilike omstandighede opwerk te midde van avonture met die inwoners en wilde diere. Interessant is die vergelyking van hoe skaapboerdery in Argentinië bedryf word in teenstelling met die Karoo.

Hierdie kopie is in vol leer herbind met nuwe eind bladsye. Voorin geteken deur skrywer. Een bladsye het 'n koffie merk aan bokant.

  • Binding Condition: Good
  • Overall Condition: Good
  • Size: 140 x 195 mm
  • Sold By: Mantis Books
  • Contact Person: Charl Yates
  • Country: South Africa
  • Email: [email protected]
  • Telephone: 0833219905
  • Preferred Payment Methods: EFT & Paypal
  • Trade Associations: AA Approved


© 2024 Paul Mills trading as AntiquarianAuctions.com. All rights reserved. Use of this website is regulated by our website Terms of Use and Privacy Policy.