272pp. Grey hardcover with black titling to the spine and front cover. Pictorial dust jacket which shows some wear along the bottom edge of the front cover. Profusely illustrated throughout with black and white and sepia photographs. There is also minor wear to the bottom edge of the book's front cover. Text is in Afrikaans throughout.
Twee keer vantevore het die Afrikaner met 'n innerlike, kulturele krag onder onvriendelike regerings daarin geslaag om die greep van 'n vernietigende armoedesirkel te breek. Die eerste keer was ná die Anglo-Boereoorlog toe meer as 30 000 plase afgebrand is, gemeenskappe verdeel en gesinne uitmekaar geskeur is, toe 'n volk verneder is. Die tweede keer was in die dertigerjare van die vorige eeu toe Suid-Afrika vir baie Afrikaners "'n nuwe en droewe land" was. Die Depressie het 'n vernietigende uitwerking dwarsdeur die wêreld gehad, en in Suid-Afrika was daar boonop die alles-verwoestende droogte van 1933.
Die winter het vir die Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika, wat ná 1994 moes aanbreek, vinniger gekom as wat verwag is. Min Afrikaners het in hierdie tyd van hoop vir 'n nuwe bedeling voorsien dat die Staat se maatskaplike benadering en die toepassing van regstellende aksie die Afrikaner in 'n derde armoedekrisis sou dompel.
Die Eerste Ekonomiese Volkskongres in 1939 was 'n soeke na sosiale geregtigheid wat onder meer gelei het tot die stigting van die Reddingsdaadbond en ander belangrike Afrikanerinstellings. In 1939 het die Afrikaner die grond gebreek deur suksesvolle oplossings vir die armoedevraagstuk te kry, hoewel Suid-Afrika 'n gebroke land sou bly.
Met Gebroke Land huldig Solidariteit Helpende Hand die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939. Gebroke Land is terselfdertyd die eerste boek wat die drie fases van intense armoede van die Afrikaner beskryf en kommentaar lewer op die implikasies hiervan op die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
Negentien artikels deur kenners ondersoek 'n verskeidenheid van aspekte rakende armoede en hoedat dit spesifiek op die Afrikaner impakteer. Twee indringende artikels lewer ook kommentaar oor aspekte rakende die bruin gemeenskap.
Dr. Danie Langner, Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is die redakteur van Gebroke Land. In sy slotartikel skryf hy onder meer dat lyding onlosmaaklik verweef is met die Suid-Afrikaanse geskiedenis, maar dat gedeelde lyding 'n krag is wat positief gebruik kan word om vir alle Suid-Afrikaners 'n beter toekoms te skep.
SourceL Dust jacket
- Jacket Condition: Fair to good
- Binding Condition: Very good
- Overall Condition: Good
- Size: 330 x 250 mm
