Antiquarian Auctions

Auction #134 begins on 01 Oct 2026

Schoeman (Karel)

IMPERIALE SOMER

Suid-Afrika tussen Oorlog en Unie, 1902-1910

Published: Protea Boekhuis, Pretoria, 2015

Edition: First

Reserve: $45

Approximately:

Estimate: $80

Bidding opens: 1 Oct 16:30 GMT

Bidding closes: 8 Oct 16:30 GMT

Ships from: South Africa

Lot 264 preview

Add to Watchlist

575pp. + 98 b/w photos. Hard cover with brown boards and white writing to the spine, with pictorial dust jacket depicting Muizenberg Beach. Slight edge wear at the bottom of the cover and a couple marks on the inside of the dust jacket which is covered in removable cellophane.

Die boek gee ’n voëlvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig.

Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike Naturelle Grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk ná Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendelieder Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlevendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op ’n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer ’n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat ’n visuele beeld van die era gee.

Oor die outeur

Karel Schoeman, een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers, het talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk is reeds talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys. Hy is nie vir onderhoude beskikbaar nie.

Source: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-imperiale-somer-suid-afrika-tussen-oorlog-en-unie-1902-1910/

  • Jacket Condition: Very good
  • Binding Condition: Very good
  • Overall Condition: Good


You might also like

© 2026 Paul Mills trading as AntiquarianAuctions.com. All rights reserved. Use of this website is regulated by our website Terms of Use and Privacy Policy.