Nommer 283 van 'n beperkte oplaag van 300 eksemplare in luukseband. Individueel geteken deur al die skrywers hieronder vernoem. 116 bladsye. Vorige eienaar se naamplakker voorin.
Bydraes / stories deur Alba Bouwer, W.A. de Klerk, Elsa Joubert, Karel Schoeman, Adam Small, Dirk Richard, I.L. de Villiers en M.M. Walters.
Op bladsy 16 is Adam Small se vrou Rosalie se naam verkeerdelik aangbering as Rosaline. Small korrigeer elke uitgaaf in sy eie handskrif.
Karel Schoeman, wat bekend is dat hy baie selde boeke teken, weier blykbaar ook om hierdie 300 boeke almal te onderteken. 'n Rubberstempel moes gemaak word van sy handtekening, aangesien hy slegs 21 van die 300 eksemplare in persoon wou teken.
- Binding Condition: Baie Goed
- Overall Condition: Goed
- Size: 8vo (220 x 140 mm)