'n Beperkte oplaag van 1000 eksemplare, hierdie is nommer 592. Met die gebruiklike handtekening van Brink op die naamplakker ingeplak.
'n Kopie in goeie toestand, die stofjas het merke rondom sye.
Brink se boek Kennis van die aand word die eerste Afrikaanse boek waarop ’n algehele verbod deur die destydse Sensuurraad geplaas word. Na ’n hofsaak en geweldige publisiteit plaaslik en oorsee word Kennis uiteindelik in 1982 ontban.
Intussen gaan André voort met skryf en in 1975 verskyn Oomblik in die wind. Vir die eerste keer wys die uitgewers Human & Rousseau ’n manuskrip van die hand uit vrees vir die sensuurwet. Dit word gevolglik op ’n niekommersiële basis in ’n beperkte oplaag slegs aan intekenare uitgegee. Binne drie dae was Oomblik in die wind se tweede druk uitverkoop. In Oktober 1976 besluit die Sensuurraad dat die boek nie ongewens is nie. (https://www.litnet.co.za/andr-p-brink-1935/)
- Jacket Condition: Good
- Binding Condition: Very good
- Overall Condition: Very good
- Size: 8vo (225 x 150 mm)