Volume 3. 'n Ondersoek na die oorsprong en betekenis van Suid-Afrikaanse berg- en riviername.
'n Histories-taalkundige studie. Skrywer is E.J. du Plessis. 1973 eerste uitgawe deur Tafelberg-Uitgewers. Groen hardeband met 365 bladsye in goeie toestand. Die stofjas is met kleefplastiek verbind. Boekplaat van vorige eienaar voorin.
Volume 6. Toponymica Hottentotica A-G. 1977 eerste uitgawe hardeband met 501 bladsye in goeie toestand. Geteken voorin deur beide die skrywers en gedateer 1983.
Volume 7. Toponymica Hottentotica H-Z. 1977 eerste uitgawe hardeband vanaf bladsy 501 tot bladsy 1125, in goeie toestand. Geteken voorin deur beide die skrywers en gedateer 1978. Die stofjas het effe merkies rondom sye.
Volume 8. Watername in Natal. 'n Inleding tot die studie van Zoeloeplekname. Skrywer is T.J.R. Botha. Genommer 207 uit 'n beperkte oplaag van slegs 500. 1977 eerste uitgawe hardeband met 226 bladsye in baie goeie toestand. Twee oopvou kaarte agterin.
Khoekhoense Stamname. 'n Voorlopige verkenning. Skrywer is G.S. Nienaber. Gepubliseer deur die Sentrum vir Naamkundenavorsing, Pretoria, 1989. bladsye 995. Gebind in linneband en in besondere mooi toestand. Boesmans, Basters, Attakwas, Damara, Gonakwas, Hottentotte, Rooinasie, Namakwas, Swartboois, Strandlopers, Suidwes-Afrika.....
Hierdie volume is nie aanvanklik deel van die 10 volumes in die Naamkunde reeks nie, maar hoort beslis saam met die groepering.