Tydens die tydperk van Nasionale Diensplig en Grensoorlog teen die SWA / Angola grense, maak Van Pletzen se vier publikasies die gemoedere effe ligter en sien van sy boeke vele uitgawes.
1. Liewe Ma - Briewe van Kleinjan
Eerste uitgawe 1980 hardeband met stofjas en 87 bladsye in mooi toestand.
2. Ma weet mos - Nog briewe van Kleinjan
1982 eerste uitgawe hardeband, die stofjas het merke rondom sye. Naam van vorige eienaar voorin. 83 bladsye.
3. "Ma, Sê vir Sussie": Weer Briewe van Kleinjan
Geteken op voorste bladsye deur skrywer. 1985 uitgawe hardeband met stofjas soos nuut en ongelees. 64 bladsye.
4. Hoe gaan dit met Ma? - Briewe van Kleinjan
1988 eerste uitgawe hardeband. Naam in ink voorin. 100 bladsye.
- Size: 8vo (220 x 140 mm)